Testament Voorbeeld

Testament in Afrikaans:

 

Ek, __________ die ondergetekende, getroud buite gemeenskap van goedere, woonagtig te Pretoria, maak hiermee my testament soos volg:

1.

Ek herroep en kanselleer hiermee alle vorige Testamente, Kodisille en/of ander Testamentêre geskrifte deur my gemaak het sy gesamentlik en/of afsonderlik.

2.

Ek benoem as Eksekuteur van my Testament en beredderaar van my boedel stel ek hiermee aan my seun/dogter en vergun aan my gemelde Eksekuteur alle sodanige magte soos deur die Wet toegelaat word, veral die mag van assumpsie.  Ek bepaal verder dat die Meester van die Hooggeregshof sal afsien van die noodsaaklikheid dat sekuriteit deur die genoemde Eksekuteur verskaf word.

3.

As die enigste en algehele erfgename van my gehele boedel en nalatenskap benoem en stel ek hiermee aan my eggenote

__________________

4.

Dit is ‘n voorwaarde van hierdie Testament dat enige voordeel wat ‘n Begunstigde kragtens hierdie Testament en ook latere Kodisille tot hierdie Testament, ontvang of die opbrengs daarvan by te geldemaking, of die belegging, of herbelegging daarvan, asook enige inkomste wat dit mag verdien nooit deel sal vorm van ‘n gemeenskaplike boedel as gevolg van so ‘n begunstigde se bestaande en/of enige moontlike toekomstige huwelik binne gemeenskap van goedere nie, of getroud buite gemeenskap van goedere nie, of getroud buite gemeenskap van goedere met insluiting van die aanwasbedeling.  Ook sal dit nooit deel vorm van ‘n moontlike insolvente boedel van so ‘n begunstigde se huidige of moontlike toekomstige gade nie een ook nie vestig in die Kurator van so ‘n insolvente boedel nie, sodat sodanige begunstigde die volkome vrye, bestuur en beskikkingsreg daaroor sal hê en behou ewe asof sodanige huwelik nooit voltrek sou gewees het nie.

 

AS GETUIES:

 

 

 

1._________________________                                                                                                                _________________________

                         TESTATRISE

 

 

2.__________________________

 

5.

Ek behou die reg om te enige tyd wat ek mag verkies sodanige veranderings en/of byvoegings tot hierdie Testament aan te bring as wat ek mag goeddink, hetsy aan die voet hiervan of deur ‘n aparte akte en ek bepaal dat alle sodanige veranderings en/of byvoegings tot hierdie Testament  aan te bring wat ek mag goeddink, hetsy aan die voet hiervan of deur ‘n aparte Akte, en ek bepaal dat alle sodanige byvoegings en/of veranderings van volle krag sal wees ewe asof dit by hierdie oorspronklike geskrif ingelyf was.

 

ALDUS GEDOEN EN GETEKEN TE PRETORIA OP HIERDIE ______DAG VAN ___________20___ IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN DIE ONDERGETEKENDE GETUIES WAT IN MY TEENWOORDIGHEID EN IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN MEKAAR HIERDIE TESTAMENT ONDERTEKEN HET.

 

AS GETUIES:

 

 

 

1._________________________                                                                                                                 _________________________

                         TESTATEUR

 

 

2.__________________________